Episodios

  • Onberispelike Gedrag (2)
    May 21 2025

    Send us a text

    1 Petrus 2:19-21 Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees. As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God. Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg.

    Weet jy wat my regtig ontstel? Dis wanneer ek moet ly as ek niks verkeerd gedoen het nie; wanneer my goeie bedoelings verkeerd vertolk word en mense teen my draai.

    'n Klassieke voorbeeld van iemand wat onregverdig gely het, is Josef, wat deur sy eie broers in slawerny verkoop is aan Midianitiese handelaars op pad na Egipte toe. Hulle het hom op hulle beurt toe as slaaf aan Potifar, ‘n Egiptiese hofbeampte van farao, verkoop.

    Toe Josef se werkgewer se vrou hom herhaaldelik probeer verlei het, het Josef vir haar gesê: “Kyk, my meester vertrou my met alles in sy hele huishouding. Hoe kan ek ooit so ’n slegte ding doen? Ek sal mos teen God oortree.” Uit wraak het Potifar se vrou hom van molestering aangekla en in die tronk laat sit, terwyl hy totaal onskuldig was.

    Ons ken die res van Josef se verhaal, en ons sien hoe hy ten spyte van die onregverdige gevangenisskap nederig opgetree het teenoor die farao en hoe hy ook sy broers se onreg teenoor hom vergewe het.



    Ons sien dat Josef gely het omdat hy nie God se Naam oneer wou aandoen nie. So, hoe reageer jy wanneer jy onregverdig moet ly?

    1 Petrus 2:19-21 Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees. As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God. Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg.

    Ons het die verantwoordelikheid om self besluite te neem; en wanneer die lewe onregverdig is, is dit inderdaad 'n moeilike besluit, maar … Jesus het vir jou die voorbeeld gegee om te volg. Hy het vir jou gely. Dit wys jou wat jy moet doen.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Mei 2025 Nuusbrief
    May 21 2025

    Send us a text

    Laai die geskrewe nuusbrief hier af.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    5 m
  • Onberispelike Gedrag (1)
    May 20 2025

    Send us a text

    1 Petrus 2:18 Julle wat vir ander werk, luister na hulle. Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek. Dit word nie net van julle verwag as julle werkgewers goed is en julle help nie, maar ook as hulle julle sleg behandel, veral as hulle julle treiter omdat julle Christene is. (DB)

    Ons leef sonder twyfel in 'n wrede wêreld. Ons sou graag byvoorbeeld wil glo dat slawerny lank gelede uitgeroei is. Maar volgens die Wêreld Ekonomiese Forum was daar in 2021 meer as 50 miljoen mense wêreldwyd wat in toestande van moderne slawerny geleef het. 50 Miljoen, kan jy dit glo!

    Die konsep van slawerny is onaanvaarbaar en tog het dit deur die geskiedenis algemeen voorgekom. Kyk wat sê hierdie Bybelvers:

    1 Petrus 2:18 Julle wat vir ander werk, luister na hulle. Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek. Dit word nie net van julle verwag as julle werkgewers goed is en julle help nie, maar ook as hulle julle sleg behandel, veral as hulle julle treiter omdat julle Christene is. (DB)

    Dit klink snaaks, nè? Ek bedoel hoekom sal ‘n God van liefde nie aan die werkers se swaarkry dink, in plaas daarvan om vir hulle te sê om selfs slegte werkgewers te gehoorsaam nie? As God inderdaad God is, wat probeer Hy hier sê?

    Wel, in die eerste-eeuse Grieks-Romeinse wêreld was slawerny algemeen en baie vroeë Christene was in werklikheid slawe. Dit was dus ‘n sosiale realiteit van die tyd. Die Christene se doel was nie daarop gemik om slawerny af te skaf nie, maar hulle het eerder probeer om die lewens van gelowiges binne daardie bestaande sosiale strukture te transformeer.

    Miskien word jy op die oomblik onregverdig behandel. Miskien is dit nie in jou vermoë om jou omstandighede te verander nie. God se oproep hier, aan jou en my, is om in elk geval 'n goeie lewe te lei; om voorbeeldige gedrag te toon - dit maak nie saak wat jou situasie mag inhou nie.

    Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Vertrou op die Here met jou Hele Hart
    May 19 2025

    Send us a text

    Spreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.

    Dis baie maklik om deesdae onder druk te voel. Dit voel asof daar nooit genoeg tyd of hulpbronne beskikbaar is nie en daarby is daar soveel eise wat die werk en die lewe in die algemeen aan ons stel ... Sê my wat is die dinge in jou lewe wat jou onder druk laat voel?

    Een van die dinge wat my al te maklik kan omkrap, is my lang lys e-posse in my in-kassie; veral nadat ek gereis het. Ek kom terug en daar is letterlik honderde e-posse. Hoe gaan ek hulle ooit almal hanteer? Hoe gaan ek ooit aan almal se eise voldoen?

    Ons het almal snellers wat druk op ons plaas – wat is joune?

    Kyk, die druk van die lewe sal kom en gaan. Dit is beslis onvermydelik. Stres aan die anderkant, is opsioneel. Stres is maar een van ‘n spul reaksies op druk, wat ons self kan kies.

    Sê my, hoe reageer jy op druk? Hoe vermy jy stres? Terwyl jy daaroor nadink, kyk wat die wyse koning Salomo hieroor sê:

    Spreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.

    Die webwerf LivingChristian.org som dit so op: Nie een keer in die Bybel beveel dit ons om ons oor iets te bekommer, om daaroor te stres, of om alles te probeer uitpluis nie. Maar oor en oor sê dit baie duidelik, vertrou God.

    As jy dit doen, sal dit soos 'n verfrissende drankie en medisyne vir jou liggaam wees.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Moenie met God Wegkruipertjie Speel Nie
    May 18 2025

    Send us a text

    Jeremia 23:23-24 “Is Ek miskien ’n God wat net op een plek is?” vra die Here. “Dink hulle Ek sien nie wat hulle doen nie? Dink enigiemand hulle kan vir My wegkruip en Ek sal hulle nie sien nie? Is Ek nie oral, in die hemel en op die aarde nie?” vra die Here.(NLV)

    Onthou jy hoe jy dit vir jou ouers probeer wegsteek het, toe jy as kind iets verkeerd gedoen het? Soms het jy daarmee weggekom, ander kere het jy nie. Hoe dit ook al sy, dit was nie 'n lekker gevoel om dinge weg te steek of om uitgevang te word nie, was dit?

    In 1963 het elf mans 'n waaghalsige rooftog, wat bekend geword het as "The Great Train Robbery" in die Verenigde Koninkryk uitgevoer. Hulle het £2,6 miljoen wat vandag ongeveer £55 miljoen werd sou wees, gesteel. Die meeste daarvan is nooit teruggevind nie.

    Een van die diewe, Ronnie Biggs, het veral bekend geword toe hy uit die tronk ontsnap het. Hy het nadat hy net 15 maande van sy 30 jaar vonnis uitgedien het, die meeste van sy lewe as 'n voortvlugtige in Brasilië deurgebring.

    Maar Groot-Brittanje het geen uitleweringsverdrag met Brasilië gehad nie, en Ronnie het dus veilig en in weelde in Brasilië geleef, maar toe het die realiteit van sy sonde hom getref. Na 35 jaar het hy teruggekeer huis toe, waar hy onmiddellik gearresteer en na die tronk toe teruggestuur is.

    Dis fassinerend, nè? Sy gewete het hom aangespreek. Is ons nie dom om te dink dat ons op een of ander manier ons wandade vir God kan wegsteek nie?

    Jeremia 23:23-24 “Is Ek miskien ’n God wat net op een plek is?” vra die Here. “Dink hulle Ek sien nie wat hulle doen nie? Dink enigiemand hulle kan vir My wegkruip en Ek sal hulle nie sien nie? Is Ek nie oral, in die hemel en op die aarde nie?” vra die Here. (NLV)

    Laat ons nie onsself bluf nie. Dit is tyd om te bely en dinge met God reg te maak; om om te draai en huis toe te kom. En wanneer jy dit doen, sal Hy, eerder as om jou te gryp en toe te sluit; jou vergewe. Dit is net wie Hy is.

    En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Moenie van Jesus ‘n Mengeldrankie Maak Nie
    May 17 2025

    Send us a text

    Johannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.

    Weet jy dat daar deur die eeue heen en, inderdaad vandag nog, in die naam van ‘Godsdiens’, onnoembare gruwels gepleeg word? Dit is ‘n feit. So hoe word iets wat bedoel is om goed te wees, uiteindelik boos?

    Kom ons gebruik die Christene se gedrag as ‘n voorbeeld van hoe iets kosbaar, boos geword het. Tydens die Kruistogte, wat in 1096 begin het, en twee eeue lank geduur het, het hulle tussen 'n paar honderdduisend en 'n paar miljoen mense doodgemaak.

    Die doel was om die Heilige Land terug te eis van Moslem-beheer en om ‘n veilige deurgangsroete vir Christen-pelgrims op pad na heilige plekke, te verseker. Maar kyk teen watter prys het dit gebeur! Wat het veroorsaak dat dinge so handuit geruk het?

    Histories is bewys dat wanneer mense probeer het om die boodskap van die Evangelie van Jesus Christus te meng met 'n ander agenda, gaan dit nie meer oor die Evangelie nie, maar oor iets heel anders. Ja, dit kan gaan oor iets soos: 'n sosio-politieke ideologie, nasionalisme, morele meerderwaardigheid, die oplegging van Bybelse wette op sekulêre nasies, die afdwing van Christelike motiewe en praktyke op onwillige deelnemers ... En wat gebeur? Christene sleep die Naam van Jesus Christus deur die modder wanneer die dinge verkeerd loop; wanneer dit boos word.

    Maar hierdie idee van Jesus-plus iets anders, is niks nuuts nie. Mense wou dit van die begin af hê.

    Johannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.

    Die mense se agenda was beslis anders as Jesus s’n. Hoe het Jesus gereageer? Hy wou Hom nie deur mense van koers af laat bring nie. Daar is 'n kragtige boodskap daarin vir ons, nè?

    Moenie die Evangelie van Jesus met enigiets anders meng nie - nie met voorvaders, heiliges, materialisme, politiek, nasionalisme, of wat ook al nie. Want wanneer jy probeer om Hom die gelukbringer van jou saak te maak … sal Hy vertrek en na die heuwels gaan.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Oorwin Finansiële Stres (5)
    May 16 2025

    Send us a text

    2 Korintiërs 9:6-8 Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.

    Een van die redes waarom Jesus destyds so 'n groot impak op die mense gemaak het, was omdat Hy in die aangesig van die brutale realiteite van die Grieks-Romeinse wêreld, en die korrupsie van Israel se godsdienstige leiers, 'n boodskap van radikale onselfsugtigheid verkondig en uitgeleef het.

    In 1836 het George en Mary Müller die Ashley Down-kinderhuis in Bristol, Engeland, gestig. Hulle was geensins ryk nie. Inteendeel hulle was in werklikheid arm. Die Müllers kon dikwels nie in die basiese behoeftes voorsien nie.

    Hulle het met net dertig dogters begin. Soos die jare aangestap het, het hulle verskeie weeshuise gestig, en uiteindelik het hulle meer as 10 000 kinders versorg. Hulle het nooit vir finansiële bystand gevra nie, bloot omdat hulle geglo het dat God deur gebed in hul behoeftes sou voorsien. Op merkwaardige wyse het skenkings oor en oor opgedaag … en dit was telkens net betyds.

    Behalwe vir hul onmiddellike impak op duisende kinders en gesinne, bly die Müllers se lewens tot vandag toe nog ‘n groot inspirasie vir mense soos ek en jy om mildelik te gee ten spyte van ons beperkte middele.

    2 Korintiërs 9:6-8 Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.

    Al is dit kontra-intuïtief, is een van die beste maniere om finansiële stres te oorkom, die onselfsugtige daad om vrygewig te gee. Want hy wat karig saai, sal karig maai, maar hy wat volop saai, sal volop maai.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Oorwin Finansiële Stres (4)
    May 15 2025

    Send us a text

    1 Timoteus 6:9-10 Maar mense wat begeer om ryk te wees, val in versoeking en trap in die strik van baie dwase en skadelike begeertes wat hulle in die verderf en ondergang stort. Want die liefde vir geld is die wortel van alle soorte kwaad. En sommige mense wat geld begeer, het weggedwaal van die geloof en hulleself met baie ellende deurboor. (NLV)

    Of jy nou ryk is, of arm is, of iewers tussenin, jy is altyd in die versoeking om méér te wil hê. En dit is verstommend hoe bedrewe die bemarkingsghoeroes van hierdie wêreld geword het om ons behoefte aan onmiddellike bevrediging, te misbruik.

    Dis regtig ‘n groot mylpaal, nè?

    Ek wil jou vertel, daar was langs die pad tye, toe die finansies nie genoeg was om vir alles te voorsien nie, wat ons nie geweet het of ons die bediening sou kon volhou nie.

    Maar God is 'n getroue God. Enigiemand wat al ooit in nood was en na Hom gegaan het vir hulp, sal weet dat Hy op een of ander manier; dikwels op maniere wat ons nie verwag nie, of met 'n tydsberekening wat ons nie kan waardeer nie, opdaag om in ons behoeftes te voorsien.

    Wanneer dit gebeur, moet jy jou kop in skaamte laat sak en wonder waarom jy soveel dinge, bo en behalwe wat jy nodig het, in die aangesig van so 'n getroue God, begeer?

    1 Timoteus 6:9-10 Maar mense wat begeer om ryk te wees, val in versoeking en trap in die strik van baie dwase en skadelike begeertes wat hulle in die verderf en ondergang stort. Want die liefde vir geld is die wortel van alle soorte kwaad. En sommige mense wat geld begeer, het weggedwaal van die geloof en hulleself met baie ellende deurboor. (NLV)

    Moenie toelaat dat die wetenskaplik geteikende bemarking van hierdie wêreld jou in die strik van onmiddellike bevrediging lok nie, want die finansiële stres wat daarmee gepaard gaan … is eenvoudig nie die moeite werd nie.

    Want die liefde vir geld is die wortel van alle soorte kwaad.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
adbl_web_global_use_to_activate_T1_webcro805_stickypopup