God se Woord VARS vir jou Vandag Podcast Por Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet arte de portada

God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

De: Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Escúchala gratis

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.© 2025 God se Woord VARS vir jou Vandag Cristianismo Espiritualidad Ministerio y Evangelismo
Episodios
  • Hoe Jy Aanlyn Kommunikeer
    Jul 18 2025

    Send us a text

    Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV)

    Die ontwikkeling van kommunikasietegnologie oor die afgelope eeu, elke nuwe uitvindsel, het ons in staat gestel om nog vinniger te kommunikeer, terwyl ons al verder van mekaar is; en deesdae is daar amper nêrens op aarde waar jy nie deur middel van tegnologie kan kommunikeer nie.

    In die 1950's, toe my pa, wat ná die oorlog uit Europa na Australië geëmigreer het, vir my ma, wat nog in Oostenryk was, wou vra om te trou, het dit byna drie maande geneem vir sy brief om haar te bereik en vir haar antwoord om by hom uit te kom.

    Kom ons vergelyk dit met die blits-kommunikasie van vandag: Ek was onlangs in 'n raadsvergadering in Sydney, toe ek per foon van ons Afrika-direkteur, wat 'n radiostasie in Zanzibar besoek het, ’n boodskap ontvang het. Dit is maklik om dit deesdae as vanselfsprekend te aanvaar, maar dink daaraan - dit is eintlik ongelooflik!

    Maar hoe vinniger en geriefliker ons kommunikasie raak, hoe meer geïsoleerd raak ons. Hoe gerieflik is dit nie vandag om ‘n onpersoonlike boodskap, sommer uit te stuur, sonder om eers aan die persoon te dink?

    Sommige van die e-posse wat ek ontvang; die teksboodskappe; die kommentaar op sosiale media, is nie slegs kortaf nie, maar sommer onbeskof. Dit is regtig ‘n kwessie. Dink ‘n bietjie aan die manier waarop jy jou digitale kommunikasie gebruik en vergelyk dit met hierdie raad in:

    Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV)

    Of, soos een van my Facebook-vriende onlangs gesê het: trap suutjies en verstandig oor die klippertjies. Lewer ‘n positiewe bydrae, moenie verdeeldheid saai nie. Gaan jou feite na. Weerstaan dit om die spot te dryf of iemand te verneder. Skep pragtige inhoud. Moenie deel wees van die bitterheid van hierdie wêreld nie; wees positief, selfs wanneer jy nie saamstem nie.

    Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Selfsug en Trots
    Jul 17 2025

    Send us a text

    Filippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.

    In die lewe wat net elke dag besiger en besiger word, is dit soms die moeite werd om selfondersoek te doen. Vra jouself af: hoekom het ek daardie ding gedink, gesê of gedoen? Hoekom het ek daardie negatiewe gedagtes oor my suster gehad? Hoekom het ek my huweliksmaat afgejak? Hoekom het ek geld gemors op daardie nuttelose artikel of speelding? Hoekom?

    Die rede waarom ek dit vandag met jou deel, is omdat ons te dikwels uit selfsug, en soms uit trots, dinge dink, sê en doen. Ja, my vriend, ons weet almal die gemiddelde mens is 'n ongelooflike selfsugtige wese.

    Dis aaklig! Een van die belangrikste dinge wat ons ons kinders van kleins af moet leer, is, om nie selfsugtig te wees nie. Want mettertyd soos hulle grootword – soos ons ook grootgeword het – verander daardie selfsug so maklik in 'n gevoel van trots.

    Wees eerlik. As jy dink aan jou hantering van diegene rondom jou, in watter mate het daardie twee karperde – selfsug en trots – jou gedrag beïnvloed? Miskien is dit tyd vir 'n realiteitstoets.

    Filippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.

    Hoe hanteer jy jou selfsug en trots wanneer dit moeilik is om jou emosies te beteuel? Hulle steek immers al te dikwels hul lelike koppe uit - veral wanneer jy onder druk is of wanneer jy selfs seerkry in die proses. Hoe, vra ek jou?

    Die antwoord is om vir ander om te gee. Stel ongeveins belang in wat in hulle lewens aangaan.

    Dit is snaaks hoe selfsug en trots verdamp, wanneer jy opreg omgee en opreg besorg is oor die behoeftes van ander.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Neem Standpunt In!
    Jul 16 2025

    Send us a text

    Spreuke 31:8-9 Praat namens hulle wat nie self kan praat nie. Verseker dat daar reg geskied aan hulle wat hulpeloos is. Maak oop jou mond en lewer regverdige uitsprake. Laat reg geskied aan armes en ellendiges. (NLV)

    Die manier waarop mense hul menings en bekommernisse oor besluite en die besluitnemingsproses uitspreek, word al hoe partydiger, al hoe onredeliker en getuig soms van slegte smaak. Die sosiale media speel natuurlik ‘n baie groot rol daarin om mense se opinies te beïnvloed. Dis ontstellend, nè?

    Dié aan die linkerkant van die politiek is teen dié aan die regterkant, en omgekeerd. Die omgewingsbewustes is teen die nyweraars; die nyweraars is teen die omgewingsbewustes; die wêreldwye tegnologiemaatskappye is teen regeringsreguleerders, en … wel, ek is seker jy kan baie ander partye noem wat ook lynreg teenoor mekaar staan.

    Maar hierdie mense wat soveel lawaai maak, vergeet van die klein mensies; die mense sonder die regte tipe geld, die mense sonder 'n stem, wat in die proses verpletter word.

    Kan ek jou die ding vertel wat my regtig ontstel? Dit is dikwels die Christene wat hulle stemme dik maak en hul regte laat geld, terwyl hulle swyg oor die onregte wat aan die klein mensies gedoen word.

    Elon Musk, ‘n ou wat party mense haat, en ander mense bewonder, is ‘n baie interessante openbare figuur. Iets wat hy onlangs gesê het, het my oog gevang: Tensy Christene dapperder optree en bereid is om op te staan vir wat reg en regverdig is, sal die Christendom vergaan.

    Dit is miskien 'n bietjie van 'n oorbeklemtoning, maar dit is ontstellend. Ons het hom al in die laaste ruk leer ken as ‘n baie uitgesproke ou, maar ons verstaan sy punt. Waar is die Christene? Hoekom is hulle so stil as dit kom by die arrogante, ydel opmerkings van die uitgesprokenes?

    Soos die 18de eeuse Ierse staatsman, Edmund Burke, opgemerk het, is die enigste ding wat nodig is vir die oorwinning van die bose, dat goeie mense niks doen nie.

    Spreuke 31:8-9 Praat namens hulle wat nie self kan praat nie. Verseker dat daar reg geskied aan hulle wat hulpeloos is. Maak oop jou mond en lewer regverdige uitsprake. Laat reg geskied aan armes en ellendiges. (NLV)

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
Todavía no hay opiniones